• tourismcaledon

Out and about - Caledon Kersmark

Hierdie jaarlikse hoogtepunt op die Caledon-kalender het 22 jaar gelede afgeskop. Die eerste Kersmark het in die toe Dienssentrum plaas gevind en was die inisiatief van Karen Lambrecht.


Na n' paar verskillende lokale het die mark uiteindelik sy tuiste gevind in die pragtige kerksaal van die NG Moedergemeente kerk Caledon.


Ongeveer 65 uitstallers het vanjaar die ruimte gedeel. Die goedere wissel van juweliersware, klere, dekor en natuurlik die heerlikste tuisgebak, biltong en souse. Heeltemal teveel om hier op te noem. Die teetuin het soos in die verlede heerlike eetgoed bedien.


Vanjaar het die organiseerders die uitstallers tegemoed gekom en slegs n' registrasiefooi en kommisie gevra - uitstalruimte is verniet verskaf.


Die fondse wat genereer word, word vir verskeie projekte gebruik.


Een van die lekkertes van die Kersmark is die saamwerk van die dames om die mark seepglad te laat verloop.


Die Caledon Kersmark is nog aan tot Saterdag 31 Oktober 2020 tot 2pm, so daar is nog kans om iets spesiaals en uniek vir Kersfees op te tel.


Geskryf deur Lizette Kok



5 views